13 Januarie 2023
‘n 71-jarige boer van Hermanus, in die Wes-Kaap het een van twee vermeende plaasaanvallers vroeg vanoggend op sy plaas doodgeskiet.
Volgens AfriForum se Thomas van Dalen het die boer vroeg vanoggend inspeksie by sy sonpanele gaan doen toe hy en twee vermeende plaasaanvallers in ‘n stoeiery betrokke geraak het.
Die boer het een verdagte tydens die stoeiery doodgeskiet, maar het self ‘n wond in sy bobeen opgedoen. Die tweede verdagte is deur die polisie vasgetrek.
Die boer ontvang tans behandeling in ‘n nabygeleë hospitaal.