28 November 2022
‘n 43-jarige man het vroeër vandag in die streekhof in Randburg skuld beken op aanklagte van strafbare manslag en dronkbestuur.

Ishe Davani het dié aanklagte in die gesig gestaar nadat Steve Preston op 11 Junie 2020 op sy fiets in Fourways, Johannesburg doodgery is.
Davani was die bestuurder van ‘n BMW-voertuig wat in Preston vasgery het. Sy bloedalkoholvlak was ook tydens die voorval ver bo die wettige perk.
Hy het vanoggend in die hof erken dat hy nalatig en onder die invloed van alkohol was toe hy in sy BMW geklim het om hoofpyn-medikasie vir sy ma te gaan koop. Davani sal binnekort gevonnis word.
Foto: Facebook: Love Fourways