Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Bloem-onluste: Stadsbestuurder se toekoms bespreek

19 Mei 2021

Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela het gister met verskeie gemeenskapsleiers in die Mangaung-metro vergader, in ‘n poging om ‘n einde te bring aan die onluste in die Rosestad.

Daar is op die vergadering ooreengekom dat die kop van die Mangaung-metro se stadsbestuurder, advokaat Tankiso Mea, moontlik sal rol, soos deur die betogers geëis is.

LEES OOK: BETOGINGS IN BLOEMFONTEIN DUUR VOORT, ONDANKS TIENERSEUN SE DOOD

’n Spesiale raadsvergadering sal na verwagting môre in Bloemfontein gehou word waarop die aangeleentheid oor Mea se skorsing hanteer sal word.

Intussen is 30 mense reeds weens die onluste in hoofsaaklik Bloemfontein se townships in hegtenis geeem. Die betogings het Sondagaand begin en tot gistermiddag voortgeduur.

Foto: Twitter

LEES OOK: BLOEMFONTEIN TOT “STILSTAND” GEDWING TE MIDDE VAN BETOGING

Die betogings het die afgelope twee dae die stad tot ‘n totale stilstand gedwing. In sommige gevalle is ambulanse en ander nooddienste verhoed om by pasiënte uit te kom.

‘n 15-jarige kind, Jevano Liam Siegel is Maandag in die proses, deur ‘n veiligheidswag doodgeskiet.

Die groep verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

https://twitter.com/Sli_Masikane/status/1394888392924598275

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende