21 Julie 2022
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago het vroeër vandag aangekondig dat die rentekoers met 75 basispunte verhoog, wat beteken dat die prima uitleenkoers van kommersiële banke ook met ‘n driekwart-persent – tot 5,5% – verhoog sal word.
Dit volg nadat die inflasiekoers vir Juniemaand tot 7,4% gestyg het. Dit is die hoogste vlak sedert die inflasiesyfer gedurende Mei 2009 op 8% gestaan het.
Volgens Kganyago is die internasionale ekonomiese groeikoers negatief aangepas en is dit – tesame met die stygende inflasiekoers wêreldwyd – enkele redes waarom die monetêre beleidskomitee besluit het om die rentekoers weer met 75 basispunte te verhoog.