4 April 2022
President Cyril Ramaphosa sê die ramptoestand was noodsaaklik om mense te beskerm teen die Covid-19-virus, maar het die regering ook in staat gestel om sekere regulasies in plek te stel.
Hy het die land ‘n kort ruk gelede toegespreek oor die ramptoestand wat meer as 700 dae gelede in werking getree het.
Ramaphosa het bevestig dat die ramptoestand om middernag vanaand opgehef gaan word, maar sê sommige oorgangsregulasies sal steeds tydelik geld.
Maskers is steeds verpligtend in openbare plekke, maar is nie nodig in die buitelug nie. Lokale kan ook 50% vol wees indien besoekers ‘n bewyse van Covid-19-inenting óf ‘n negatiewe toets kan verskaf.
Hy sê die opheffing van die ramptoestand beteken dat alle vlakke van inperkings wegval en meen byna alle aktiwiteite sal weer voortgaan soos voor die pandemie.