8 Maart 2023
Betogende gesondheidswerkers buite die General Justice Gizenga Mpanza-streekhospitaal in Stanger, KwaZulu-Natal, het ‘n privaat ambulans met ‘n kind in ‘n kritieke toestand aangeval.
Die woordvoerder van die IPSS Medical-nooddienste, Samantha Meyrick, sê betogers het gepoog om die kind, wat gevorderde lewensondersteuning ontvang het, uit die ambulans te verwyder.
‘n Paramedikus, wat saam met die kind in die ambulans was, is ook gedurende die voorval aangerand.
Die ambulans het daarin geslaag om die hospitaal te bereik en die kind is opgeneem. Paramedici is egter daarna vir byna ‘n uur verhinder om die hospitaal se perseel te verlaat.
Die voorval kom intussen slegs enkele ure nadat die VF Plus ‘n verklaring uitgereik het oor gesondheidsorg wat by 49 gesondheidsinstellings tot stilstand gedwing is deur stakende gesondheidswerkers wat lede van die vakbond Nehawu is.
Nehawu-lede het vandag hul nasionale staking om ‘n 10% verhoging vir staatsamptenare te verkry, voortgesit.
Die party eis dat die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, dringende stappe moet doen teen stakende vakbondlede wat besig is om staats- en provinsiale hospitale landwyd te ontwrig.
Health workers affiliated to NEHAWU in Kzn have entered day three of illegal strike action at some hospitals around the province.
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) March 8, 2023
Workers who have downed tools have blocked entrances and burnt tyres at Grey's Hospital. pic.twitter.com/biTHQagxIR