Blitsberig: Gemeenskapslede hou werknemers van Madibeng-munisipaliteit gyselaar


Luister nou

Volgende

Blitsberig: Gemeenskapslede hou werknemers van Madibeng-munisipaliteit gyselaar

10 Mei 2022

Gemeenskapslede in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit in Brits, Noordwes hou tans werknemers, raadslede en lede van die publiek gyselaar glo weens ontevredenheid met onder meer ‘n gebrek aan lae-kostebehuising en die begroting wat ter tafel gelê is.

‘n Werknemer van die munisipaliteit, Philip Jessen het Pretoria FM ingelig dat die deure van die munisipale gebou omstreeks 14:00 vanmiddag gesluit is, met al die werknemers steeds binne die gebou.

‘n VF Plus-raadslid wat tans ook gyselaar gehou word, Lardus Klopper sê ‘n klein groepie gemeenskapslede het 13:45 buite die gebou betoog, waarna hulle die gebou wou bestorm. Hy sê die situasie is redelik kalm, maar buite is daar ongeveer 200 mense wat eis om met die munisipale bestuur te vergader.

Nog ‘n VF Plus-raadslid, wat nie binne die gebou is nie, Elsa Lourens sê polisiebeamptes en veiligheidswagte is tans op die toneel. Sy sê die situasie blyk om onder beheer te wees, maar meen die polisie moes vinnig inspring toe gemeenskapslede die deur na die gebou wou afbreek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Blitsberig: Gemeenskapslede hou werknemers van Madibeng-munisipaliteit gyselaar


Luister nou

Volgende