3 Maart 2022
Die gelykheidshof het Black First Land First (BLF) skuldig bevind aan haatspraak, vir sy lede se uitsprake oor die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark tragedie.
Die BLF woordvoerder Lindsay Maasdorp het na afloop van die Driehoek-skoolramp in 2019 op sosiale media gesê dat die dood van vier wit kinders ʼn “goddelike ingryping was wat van drie toekomstige probleme ontslae geraak het.”
Die regter het in sy uitspraak beveel dat Maasdorp en Zwelakhe Dubasi die families van die slagoffers R50 000 elk moet betaal, dat die BLF binne 30 dae om verskoning moet vra, en die plasings van sosiale media moet verwyder. Hulle mag ook nie die uitsprake herhaal nie.
Op 1 Februarie 2019 het ʼn beton loopbrug naby die skoolsaal ineengestort en kinders is onder die betonblok vasgekeer. Roydon Olckers, Jandré Steyn, Marli Currie en Marnus Nagel het hul lewens in die ongeluk verloor.
Here's BLF spokesperson Lindsay Maasdorp @BLF_Lindsay on the kids who died at Hoërskool Driehoek this morning: pic.twitter.com/lM2aYgzbY7
— Jacques Maree (@JacquesMaree73) February 1, 2019