Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Blade Nzimande ontken bewerings van korrupsie

8 Januarie 2024

Die minister van hoër onderwys Blade Nzimande sê hy het nooit enige geld van enige entiteite gevat om die Suid Afrikaanse Kommuniste Party te befonds nie.

Nzimande is tans besig om die media toe te spreek oor die bewerings van korrupsie by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente.

Hy sê die bewerings wat die Organisasie Teen Belastingmisbruik maak, is ongegrond en kwaadwillig.

Volgens OUTA se verslag wat verlede week vrygestel is, het Nzimande en die voorsitter van die NSFAS raad Ernest Khosa omkoopgeld ontvang van diensverskaffers, in ruil vir kontrakte.

Nzimande sê die uitgelekte klankopnames in OUTA se besit is deel van ’n veldtog deur diensverskaffers om die besluite van die NSFAS raad te beinvloed.

Nzimande sê hoewel hy onskuldig pleit oor die bewerings dat hy betrokke is by korrupsie, sal hy hom vrywillig onderwerp aan die ANC se integriteitskommitee.

Die minister sê hy speel geen rol in die toekenning van kontrakte by NSFAS of die Sektor Onderwys en Opleidings Raad nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Classroom,Of,The,School,Without,Student,And,Teacher

Slegs 19% van skoolpersoneel se misdaadrekords met seksregister vergelyk

ENOCH

Minister van finansies lê dalk binnekort wéér ‘n begroting voor

Internasionale perspektief

Meloni blom in besoek aan Trump

Kleinfontein

Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging

CARNEY

Kanada kry ‘n nuwe premier

Ander Nuus Artikels

DOKTER
AfriForum sê hokaai met NGV-regulasies
Enoch3
Die begroting sal op 21 Mei ter tafel gelê word
405724aa-5660-4358-babc-b4cc9c62e5e7
Ashley Oosthuizen se vonnis in Thailand met 20 jaar verminder
Classroom,Of,The,School,Without,Student,And,Teacher
Slegs 19% van skoolpersoneel se misdaadrekords met seksregister vergelyk
ENOCH
Minister van finansies lê dalk binnekort wéér ‘n begroting voor

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende