24 Maart 2023
Die 26-jarige biokinetikus van Port Elizabeth (Gqeberha), Riana Pretorius is ongedeerd teruggevind.
Pretorius is verlede Donderdag voor haar werksplek in Newton Park deur drie onbekende mans gegryp en by ‘n motor ingedwing. Die polisiewoordvoerder, kaptein Yolisa Mgolodela het bevestig dat sy veilig gevind is.
LEES OOK: OPVOLG: LOSPRYS GEËIS VIR ONTVOERDE OOS-KAAPSE BIOKINETIKUS
Volgens berigte is ‘n spesiale taakmag ingebring om te help om haar op te spoor en te red.
Twee mense is reeds verlede week in verband met die voorval aangekeer. Een van die verdagtes verskyn na verwagting weer vandag in die hof waar hy glo om borgtog sal aansoek doen.
Kort ná haar verdwyning is ‘n losprys van R2-miljoen geëis. Die omstandighede van haar verdwyning en opsporing is nog onbekend.