1 Augustus 2023
Die Departement van Binnelandse Sake het 21 483 kantoorure tussen die begin van die jaar en 31 Maart verloor.
Volgens `n antwoord op `n parlementêre vraag was meer as 6 000 van die verlore kantoorure weens beurtkrag en meer as 13 400 ure weens stelsels wat van lyn was.
Ander redes sluit in wateronderbrekings en gebrekkige gesondheidsgeriewe.
Die inligting volg na berigte dat die departement van Binnelandse Sake tans `n agterstand van ongeveer 56 000 langtermynvisums het.
Die departement het vroeër aangekondig dat mense, wat voor einde Maart 2023 aansoek gedoen het mag nou weens die agterstand tot Desember in die land aanbly.
