19 Mei 2022
Die departement van binnelandse sake wil as ’n veiligheidsafdeling geklassifiseer word sodat dit op Saterdae kan oopmaak sonder om oortyd aan sy amptenare te betaal.
’n Wetsontwerp op Binnelandse Sake is deur die departement aan die kabinet voorgelê, wat die aard van die departement van binnelandse sake sal verander in ’n veiligheidsafdeling – wat geregtig is om oor naweke oop te maak.
Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake, het in ’n parlementêre antwoord op ’n vraag oor hoekom die departement nie op Saterdae werk nie, gesê die departement wil bitter graag hê sy kantore op Saterdae moet oop wees.
Daar is egter ‘n dooiepunt met vakbonde oor vergoeding bereik.
Motsoaledi sê die tipe dienste wat deur binnelandse sake gelewer word, val in dieselfde kategorie as dienste wat deur polisiedienste en klinieke gelewer word.
Hy sê die vakbonde het die saak na die Staatsdiens Koördinerende Bedingingsraad geneem en dit ‘n onderwerp van onderhandeling gemaak waarna dit op ‘n dooiepunt uitgeloop het.