21 Julie 2021
Die Biervereniging van Suid-Afrika, (BASA) sê hy versoek ‘n dringende vergadering met die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel weens die jongste verbod op drankverkope.
Die vereniging meen die verbod moet so gou as moontlik gelig word weens die reuse uitwerking van verlede week se onluste op die drankbedryf.
BASA se uitvoerende hoof, Patricia Pillay sê 161 drankwinkels en verspreidingsentrums is tydens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng geplunder en verwoes.
Pillay sê na raming het die afgelope vier weke se verbod meer as 9200 poste in gedrang gebring. Meer as R10,2-miljard kan volgens haar verlore gaan.
Daarom doen die vereniging ‘n beroep op die regering om die verbod te heroorweeg om sodoende ‘n totale ineenstorting van die drankbedryf te vermy.
Hou Afrikaans op die lug