Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Biervereniging bekommerd oor nóg ‘n moontlike drankverbod

20 Oktober 2021

Die Biervereniging van Suid -Afrika (BASA) sê hulle is bekommerd dat die regering wéér, sonder enige waarskuwing, ‘n verbod op die verkoop van drank kan instel, sonder enige wetenskaplike bewyse.

Dit kom nadat die minister van polisie, Bheki Cele vroeër gesê dat hy die Nasionale Koronavirusbevelsraad genader het om te oorweeg om die verkope van drank op 1 November te verbied, wanneer die munisipale verkiesing plaasvind. Die uitvoerende hoof van BASA, Patricia Pillay sê Cele se onlangse uitlating wek kommer dat drank weer nie verkoop sal kan word nie, veral gegewe ‘n vierde Covid-19-vlaag wat in Desember verwag word.

Volgens Pillay het BASA ‘n dringende skrywe aan die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel gerig waarin hulle vra dat hy dringend moet ingryp om te sorg “dat ‘n onredelike verbod nie weer op drankverkope ingestel word nie.”

Sy sê dit is veral belangrik dat geen verbod oor die feesseisoen geld nie omdat dit ‘n belangrike tyd vir die drankbedryf is.

“Tydens die vorige vier keer wat drank nie verkoop kon word nie, het die bedryf ‘n totaal van 161 dae van handel verloor, wat ongeveer 240 000 mense se poste in gedrang geplaas het.”

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende