Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Biden trek finale streep deur Amerika

Nuuskommentaar: 5 September 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Die Amerikaanse president Joe Biden het verlede Donderdagaand ‘n toespraak voor die historiese Onafhanklikheidsaal in Philadelphia in die deelstaat Pennsylvania gehou. Die simboliek van dié gebou is wesenlik omdat dit die gebou is waar die VSA se onafhanklikheidsverklaring, sowel as grondwet gedebateer en uiteindelik goedgekeur is. 

Biden se besluit om wat hy beskou as die huidige bedreigings vir die demokrasie in die VSA in ‘n toespraak by dié historiese gebou te lewer, het uiteindelik eerder die VSA meer verdeel as dat dit oplossings vir die krisis wat die demokrasie in Amerika in die gesig staar, gebied het. 

Die verdeeldheid in die VSA is iets wat die afgelope twee tot drie dekades reeds besig is om al hoe duideliker te raak met twee onversoenbare Amerika’s wat oor tyd ontstaan het. Die verkiesing van Donald Trump in 2016 tot president van die VSA was ‘n bevestiging dat ‘n groot hoeveelheid Amerikaners totaal vervreemd voel van die politieke elite wat die Amerikaanse regering en regeringsinstellings domineer. 

Hierdie Amerikaners bestaan uit veral mense wat buite die stede in voorstedelike en landelike gebiede woon, wat meer gelowig en konserwatief is en wat gekant is teen die moderne globalisme. Hierdie Amerikaners wil die waardes waarvolgens die VSA oorspronklik opgerig is in stand hou en wil nie sien dat meer mag in die federale regering gesentreer word nie. Trump se boodskap dat Amerikaners se behoeftes en regte deur die Amerikaanse regering eerste geplaas moet word, het by hierdie kiesers geresoneer. Teen 2020 het sewentig miljoen Amerikaners vir Trump gestem en basies die Amerika Eerste-idee onderskryf.

Aan die anderkant van die politieke spektrum is ‘n bevolking wat grootliks verstedelik is, wat toenemend sekulêr, multikultureel en globalisties ingestel is en wat juis Amerika wil transformeer om ‘n meer liberale land wat wegstap van sy oorspronklike beginsels te wees. Dit is die kiesers wat in 2020 vir Biden gestem het.

Met sy toespraak verlede Donderdag het Biden die ideologiese lyn tussen die twee Amerika’s met ‘n permanente streep verdiep, terwyl hy na Amerikaners wat van hom verskil as halwe fasciste en vyande van die VSA verwys het. Hy het Trump-ondersteuners as gevaarlik vir Amerika beskryf.

Dit was verstommend dat ‘n Amerikaanse president, vanuit sy posisie as staatshoof en nie as ‘n kandidaat tydens ‘n verkiesing, so ‘n harde en verdelende toespraak kon lewer. Sy bewering dat Trump en Trump-ondersteuners vyande van die Amerikaanse demokrasie is, is nie net verkeerd nie, maar ook gevaarlik in ‘n land waar een derde van kiesers onlangs aangedui het dat politieke geweld geregverdig kan word. 

Die verdeeldheid in Amerika is tans die ergste sedert die burgeroorlog meer as 150 jaar gelede. Linkses is bereid om geweld te gebruik om te verhoed dat Trump weer verkies word. Regses is bereid om geweld te gebruik om te verhoed dat hulle hulle land verloor. ‘n Plofbare situasie ontwikkel tans in die VSA en meer geweld soos tydens die Black Lives Matter-betogings en die aanval op die kongresgebou verlede jaar, kan verwag word. Joe Biden se aanvallende toespraak verlede week het sonder twyfel die politieke verdeelheid in die VSA verder verhard en die risiko vir geweld drasties verhoog. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende