Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Bheki Cele wag eers voordat hy vir Zuma in hegtenis neem

6 Julie 2021

Die minister van polisie, Bheki Cele en die nasionale polisiekommissaris, Khela Sitole het die Grondwethof glo skriftelik in kennis gestel dat hulle nie nou al vir oud-president Jacob Zuma in hegtenis gaan neem nie, hangende die twee hofaansoeke wat Zuma gebring het om sy vonnis te hersien.

Cele het in ‘n brief aan die grondwethof gesê dat hy sal wag vir die regsaksie om sy gang te gaan, behalwe as die Grondwethof anders besluit.

LEES OOK: ZONDO: “ZUMA MISBRUIK HOWE”

Indien die hof voel dat daar wel gehoor gegee moet word aan die bevel dat Zuma binne die volgende twee dae deur die polisie in hegtenis geneem moet word, het Cele gesê die polisie is reg om Zuma teen môre in hegtenis te neem, sodat hy sy 15 maande gevangenisstraf kan uitdien.

Die oud-president se eerste hofaansoek word vandag in die hoogeregshof in Pietermaritzburg aangehoor.

LEES OOK: ZUMA: “EK IS NIE BANG OM TRONK TOE TE GAAN NIE”

Verder het Zuma ook die Grondwethof genader om sy skuldigbevinding van minagting van die hof en gepaardgaande vonnis te heroorweeg en te herroep. Dié saak word op 12 Julie aangehoor.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende