13 Julie 2021
Die minister van polisie, Bheki Cele het ‘n ernstige beroep op mense gedoen om kalm te raak te midde van grootskaalse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng.

‘n Mediakonferensie van die nasionale gesamentlike en operasionele intelligensiestruktuur (Natjoints) is vanoggend gehou oor die situasie in die land.
Cele sê hy en die ander ministers in dié kluster is vol vertroue dat wetstoepassers die situasie onder beheer kan bring. Hy verwelkom die ontplooiing van 2 500 troepe om die polisie by te staan.
Cele waarsku dat mense wat boodskappe op sosiale media deel wat geweld aanhits, vervolg sal word en mense wat plunder sal in hegtenis geneem word.
LEES OOK: KZN: 26 MENSE DOOD TE MIDDE VAN PLUNDERY
Volgens die jongste inligting is 757 mense in totaal in hegtenis geneem, waarvan 304 in KwaZulu-Natal en 453 in Gauteng.
KZN #unrest pic.twitter.com/gePtSH8Kam
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) July 13, 2021
Hou Afrikaans op die lug