1 Maart 2023
Die minister van polisie, Bheki Cele gaan glo uit die pos geskuif word, en gaan moontlik die minister van intelligensie word.
News24 berig dat Ramaphosa die stap oorweeg, en dat Aaron Motsoaledi die gunsteling is om as polisieminister aangestel te word.
Ramaphosa sal na verwagting nog die week sy kabinetskommeling aankondig.
Die minister van finansies is intussen ook as ‘n parlementslid ingehuldig, wat dit moontlik sal maak vir Ramaphosa om nog ‘n persoon buite die parlement in sy kabinet aan te stel.
Volgens wet mag Ramaphosa slegs twee kabinetslede aanstel wat nie in die parlement dien nie.
Volgens berigte wil Ramaphosa vir Kgosientso Ramakgopa aanstel as die minister van elektrisiteit. Hy is nie ‘n LP nie.