5 Oktober 2022
Die minister van polisie Bheki Cele sal vandag Witrivier in Mpumalanga besoek, na afloop van die moord op ‘n Duitse toeris.
Die 67 jarige Jörg Schnarr is Maandag doodgeskiet tydens ‘n mislukte motorkaping op die Numbi weg, buite die Krugerwildtuin.
LEES OOK: R50 000 BELONING AANGEBIED NÁ DIE MOORD OP ‘N DUITSE TOERIS
Hy was saam met drie ander Duitse toeriste onderweg na hulle lodge net buite die wildtuin, ten tyde van die motorkaping.
Die polisie is op soek na drie verdagtes, wat van die toneel gevlug het na die skietery.
‘n R50,000 beloning is uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes.
Die moord op die toeris is deur verskeie ministers, sowel as die Laeveld sakekamer veroordeel.