Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Bewerings van omkopery teen Louis Liebenberg – sy regslui ontken dit ten sterkste

13 April 2023

Die voorlopige likwidateurs van die Gautengse diamanthandelaar, Louis Liebenberg se maatskappy, Tariomix sê hulle het bewyse ontvang wat daarop dui dat Liebenberg omkoopgeld aan staatsamptenare en polisiebeamptes betaal het.

Prokureurs vir Tariomix het dié aantygings ten sterkste ontken en sê dit is niks meer as ontoelaatbare hoorsê-getuienis nie – wat daarop gemis is om Liebenberg se beeld te skaad.

Die bewerings het aan die lig gekom tydens ‘n hofaansoek deur Tariomix om sy voorlopige likwidasie om te keer.

Tariomix – wat die koop en verkoop van diamante finansier – is beter bekend onder sy handelsnaam Forever Diamonds and Gold.

Dit is in Februarie onder voorlopige likwidasie geplaas ná ‘n dringende aansoek deur Ruan Botes en Jeandré Viljoen – twee beleggers wat sê hulle het nooit hul beloofde uitbetalings gekry nie.

Die bewerings van omkopery is ingesluit in drie verslae wat die voorlopige likwidateurs by die hof ingedien het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende