Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Beweerde homofobie by Kaapse skool ondersoek

10 Junie 2021

Die departement van onderwys in die Wes-Kaap sê hy ondersoek bewerings van homofobie nadat die Hoërskool D.F. Malan in Belville na bewering ‘n sitstaking deur studente vir “pride-maand” verbied het.

“Pride-maand” word jaarliks gehou ter herdenking van LGBTQI-regte.

Die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, Debbie Schäfer sê luidens bewerings het onderwysers en mede-leerlinge van die skool glo gediskrimineer teen leerlinge van dié LGBTQI-gemeenskap.

Sy sê leerlinge het aangevoer dat hulle Maandag, tydens pouse die eerste week van “Pride-maand” wou herdenk toe hulle “neerhalende” kommentare toegesnou is.

Die beheerliggaam van die skool het in reaksie op die bewerings gesê dat ‘n leerling die skoolhoof genader het met ‘n versoek om dié maand by die skool te herdenk, maar dat die hoof – saam met die beheerliggaam – besluit het om nié die versoek goed te keer nie.

Die beheerliggaam van die skool sê sommige leerlinge het egter steeds besluit om ‘n sitstaking te hou waarna daar sekere uitlatings gemaak is en dat die skool juis so ‘n voorval wou voorkom.

Intussen is ‘n petisie deur die nie-winsgewende-organisasie, The Triangle project begin, vir geregtigheid vir dié leerlinge. Die organisasie eis dat die skool onmiddellik om verskoning vra en dat werkswinkels gehou moet word oor die belangrikheid van inklusiwiteit.

Die provinsiale ANC se assistent woordvoerder vir onderwys, Mesuli Kama het ‘n beroep op die Menseregtekommissie gedoen om die voorval te ondersoek.

LGBTQI+ is ‘n terme wat verwys na lesbies, gay, biseksueel en transgender.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Ander Nuus Artikels

covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende