Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Beurtkragskedules binnekort aangepas, maar geen rede tot kommer sê Eskom

20 Februarie 2023

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter sê hy kan steeds met redelike selfvertroue sê dat dit onwaarskynlik is dat die kragnetwerk totaal ineen sal stort.

Eskom se bestuur het vroeër vanmiddag ‘n mediakonferensie gehou oor die stand van sake by die kragvoorsiener. Dit kom nadat fase 6-beurtkrag die naweek onbepaald ingestel moes word weens talle kragopwekkingseenhede wat onklaar geraak het.

Die hoofbestuurder van die stelseloperateur, Isabel Fick sê hoewel sy tans saam met die Nasionale Energiereguleerder, Nersa werk om beurtkragskedules aan te pas, beteken dit nié dat hoër fases as fase 6-beurtkrag sal geld nie.

Die nuwe skedules sal tye vir beurtkrag teen hoër fases as fase 8-beurtkrag aandui. De Ruyter het egter beaam dat hulle gereed is vir fase 8-beurtkrag en dat gebeurlikheidsplanne in plek is, hoewel hulle nie nou te bekommerd daaroor is nie.

Hy wou ook nie uitbrei op Eskom se beurtkrag-vooruitsigte vir die wintermaande nie omdat hy teen daardie tyd nie meer die uitvoerende hoof van die kragvoorsiener gaan wees nie.

Volgens De Ruyter sal fase 6-beurtkrag waarskynlik tot Woensdag geld. Eskom hoop om teen Donderdag fase 4-beurtkrag in te stel en as alles vlot verloop, hoop die kragvoorsiener dat fase 3-beurtkrag teen die naweek kan geld.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende