18 Mei 2021
Eskom sê weens ‘n verbetering in sy kragnetwerk sal fase 1-beurtkrag om 17:00 vanmiddag ingestel word en tot 22:00 duur.
Fase 2-beurtkrag is Sondag ingestel en sou tot 22:00 duur. Dit is egter nou na fase 1 aangepas. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha sê dié stap is weens ‘n kragopwekkingseenheid wat herstel is.
Hy meen nóg ‘n eenheid sal na verwagting later vanmiddag herstel word.
Mantshantsha sê die vooruitsig vir die res van die week is positief met werkers wat hard aan die werk is om nog eenhede te herstel. Hy het ‘n beroep op mense gedoen om steeds kragsaam spaarsaam te gebruik.