29 September 2022
Fase 4-beurtkrag sal geld tot 05:00 Saterdagoggend (1 Oktober). Daarna sal fase 3-beurtkrag vir die res van die naweek geïmplementeer word.
Fase 3-beurtkrag sal voorlopig tot minstens Maandagoggend (3 Oktober) 5-uur toegepas word.
Luidens ‘n verklaring van Eskom het die tenkskip wat Eskom se diesel-voorraad afgelaai het, vanoggend by die Mosselbaaise hawe vasgemeer.
Eskom sê die brandstof sal oor die naweek na die kragverskaffer se Gourikwa en Ankerlig oopsiklusgasturbines vervoer word.
Die kragverskaffer verwag dat sy noodreserwes teen Maandag aangevul sal wees.
https://twitter.com/Eskom_SA/status/1575457504137543680