25 Oktober 2023
Eskom sê hoewel sy opwekkingsvermoë steeds onder druk is, is sy noodreserwes voldoende sodat hy beurtkrag met minstens nóg ‘n dag kan uitstel.
Gevolglik beplan die kragvoorsiener om beurtkrag minstens nog tot Donderdagmiddag om 16:00 op te skort – waarna hy fase-1 beurtkrag in die vooruitsig stel.
Die nutsmaatskappy beplan om vanaf 05:00 Vrydagoggend dit dan weer op te skort tot die middag om 16:00.
Eskom het verbruikers gevra om veral tussen 17:00 smiddae en 21:00 saans elektrisiteitsverbruik te beperk, aangesien die vraag in dié tydgleuf steeds besonders hoog is.