11 Julie 2022
Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het tydens ‘n mediakonferensie aangedui dat beurtkrag die hele week en die komende naweek ingestel sal word.
As die kragvoorsiener nie binnekort nóg teëspoed ondervind nie, sal daar van vandag af tot Donderdag (14 Julie) fase 2-beurtkrag ingestel word van middernag af tot 05:00 in die oggend.
Van 17:00 tot middernag sal fase 4-beurtkrag toegepas word.
Op Vrydag verwag die nutsmaatskappy om af te gradeer na fase 3-beurtkrag toe en in die komende naweek behoort fase 2-beurtkrag te geld.