16 Februarie 2023
Eskom se uitvoerende hoof André de Ruyter sê beurtkrag sal nie voor die einde van die jaar verdwyn nie.
Dit kom in teenstelling met die ANC se pogings om seker te maak dat beurtkrag teen die einde van die jaar iets van die verlede sal wees.
De Ruyter sê die enigste manier waarop beurtkrag verminder kan word, is as Eskom se kragopwekkingsvermoee verbeter word.
Hy sê daar is 9,000 Megawatt se hernubare kragprojekte wat op die netwerk gevoeg kan word, maar dat die projekte nog in sy kinderskoene is.