26 September 2022
President Cyril Ramaphosa het sy weeklikse nuusbrief aan die beurtkrag-situasie gewy.
Dit kom nadat hy ook tydens die afgelope naweek se erfenisdagvieringe mense gevra het om geduldig te wees omdat die regering besig is om aan oplossings te werk. “Vir elke persoon wat in Suid-Afrika leef, was die afgelope twee weke frustrerend en uitdagend. Die wydverspreide woede is geregverdigbaar.”
Hy sê Suid-Afrikaners en besighede moes die afgelope twee weke tevrede wees met kragonderbrekings van so veel as vier ure op ‘n slag.
LEES OOK: RAMAPHOSA VRA MENSE SE GEDULD TE MIDDE VAN BEURTKRAG
Volgens Ramaphosa is beurtkrag nie net ongerieflik nie, maar hou dit ernstige nagevolge in vir byna elke deel van die samelewing, van onderwys tot gesondheid en dienslewering. “Suid-Afrikaners voel asof deur geen einde in sig is nie, maar selfs beurtkrag moet tot ‘n einde kom.”
Ramaphosa skryf verder dat weens die druk op Eskom se steenkoolkragstasies sal beurtkrag nie in die kort-termyn opgehef kan word nie.
“Die regering beplan egter om herstelwerk op ‘n dringende basis aan te pak sodat minder kragopwekkingseenhede onklaar raak, wat sal beteken dat beurtkrag minder gereeld ingestel sal word.”
Hy sê Eskom sal ook meer dringende aandag aan instandhouding gee.
“Hoewel ons daaraan werk om beurtkrag minder gereeld in te stel, is dit belangrik dat die vraag na elektrisiteit dringend verlaag.”