6 Februarie 2023
Beurtkrag kos die Suid-Afrikaanse ekonomie daagliks R1-miljard.
Die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, het dié impak van beurtkrag op Suid-Afrika vroeër vandag by die jaarlikse mynbou-indaba in Kaapstad onthul.
In November verlede jaar het mynbouproduksie met 9% afgeneem. Dit was die 10de opeenvolgende maand wat mynbouproduksie afgeneem het.
Mantashe het egter beleggers verseker dat die regering daartoe verbind is om beurtkrag binne die volgende 12 maande te beëindig.
Hy sê die regering sal egter vier maatreëls moet implementeer om te verseker dat beurtkrag stopgesit kan word.
Dit sluit in dat Suid-Afrika in die korttermyn krag by bestaande onafhanklike private kragopwekkers moet aankoop, ekstra krag van buurlande moet aankoop en die vaardighede van Eskom-werknemers moet verbeter.