16 Julie 2023
ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het weer belowe dat beurtkrag teen Desember iets van die verlede sal wees.
Hy het vanmiddag terugvoer gegee oor die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergadering. Mbalula sê hoewel kragonderbrekings nog soms op kort kennisgewing ingestel gaan word, sal beurtkrag in sy geheel nie meer na Desember vanjaar bestaan nie.
Hy het die minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa geloof vir sy rol in die oplossing van die kragkrisis.
Intussen geld Fase 4-beurtkrag tans tot môreoggend om 05:00 waarna fase 2-beurtkrag tot 16:00 môremiddag ingestel sal word.
Eskom het in ‘n verklaring gesê dat hierdie patroon sal geld tot verdere kennisgewing. Die effense verligting kom nadat fase 6-beurtkrag vir die afgelope paar dae gegeld het. Eskom moes van sy noodreserwes gebruik weens die hoër vraag na elektrisiteit te midde van die koue weer.
Volgens Eskom kon hy daarin slaag om sy dieselvlakke effens op te bou, maar reken dit is nog nie genoeg nie.
ANC Secretary-General Comrade Fikile Mbalula addressing the media on the outcomes of the NEC's deliberations as well as unity talks of the South African National Civic Organisation (SANCO)#ANCAtWork#ANCRenewal pic.twitter.com/S0SvMhwUB3
— African National Congress (@MYANC) July 16, 2023