3 April 2023
Die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Edward Kieswetter sê beurtkrag kan belastinginvordering in die huidige boekjaar met soveel as R60-miljard knou.
Die SAID het die verlies aan inkomste bereken om grond van die verlore handelsure weens die kragonderbrekings.
Kieswetter sê die uitwerking van beurtkrag is reeds te sien op die BTW invorderings.
Dit het ook ‘n onmiddellike gevolg op maatskappybelasting en dit sal na die volgende belastingjaar deurvloei.
Die enigste positiewe kant van beurtkrag is in die hernubare energiesektor waar windplase nou wins maak en belasting begin betaal en die invoerders van sonpanele – ‘n sektor wat sterk gegeroei het.