22 Junie 2022
Eskom het ‘n kort ruk gelede bevestig dat hy vandag die hele dag fase 2-beurtkrag sal moet instel weens die ineenstorting van vier kragopwekkingseenhede.
Dit is van 10:00 vanoggend ingestel en sal tot middernag duur. Dit sal dan elke dag, tot Sondag van 05:00 soggens tot middernag ingestel word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha sê ‘n hoër fase van beurtkrag kan geld indien die kragverbruik te hoog is.
Aanvanklik het beurtkrag sedert Maandag slegs tussen 5 uur in die middae en 10 uur saans gegeld.
Mantshantsha het weer ‘n beroep op verbruikers gedoen om krag spaarsaam te gebruik veral gedurende piektye, 05:00 tot 10:00 en 16:00 tot 22:00.