13 Julie 2022
Beurtkrag het na bewering die brand, wat gister by Standard Bank se hoofkantoor in Johannesburg plaasgevind het, veroorsaak.
Luidens ‘n verklaring deur die bank is daar vasgestel dat beurtkrag die brand veroorsaak het omdat daar te veel druk geplaas is op die toerusting wat gebruik word om krag aan die gebou te verskaf.
Die brand het uitgebreek by die kragbestuursentrum van die kantoor.
Die bank sê die kantoor is vandag weer heropen nadat nooddienste die gebou as veilig verklaar het vir personeel om terug te kom. Luidens die verklaring sal daar voldoende krag in die gebou wees terwyl die herstelwerk afgehandel word.