26 Oktober 2021
Eskom sal reeds fase 2-beurtkrag om 09:00 vanoggend instel.
Die kragvoorsiener het in ‘n verklaring bevestig dat fase 2-beurtkrag tot Saterdagoggend om 05:00 sal geld.
Eskom sê hoewel hy kragopwekkingseenhede by Kusile, Matimba en Arnot kon herstel, sukkel hy steeds met die herstel van ander eenhede.
Dit het tot gevolg dat hy nie sy diesel noodreserwes kon aanvul nie.
Sowat 18,000MW is nie beskikbaar nie. Volgens die kragvoorsieners sal kragverbruikers onmiddellik ingelig word indien die druk op die kragnetwerk verander.
https://twitter.com/Eskom_SA/status/1452851570870206466
Stem vir die Aitsa’s