2 November 2021
Na ‘n langnaweek – waar daar geen beurtkrag deur Eskom toegepas is nie – staal Suid-Afrikaners hulle weer vir die moontlikheid dat hulle in die duister gelaat kan word, nadat die kragvoorsiener aangekondig het dat die kragnetwerk onder druk verkeer.
Eskom sê beurtkrag kan op kort kennisgewing ingestel word indien die druk op die netwerk verhoog word en het ‘n beroep op die publiek gedoen om krag spaarsaam te gebruik.
Dit is tans nie duidelik waar die probleme ondervind word, of hoe groot dit is nie.
Die land is in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing gereeld in duister gehul weens beurtkrag wat toegepas is.
Woensdag het die kragprobleem ‘n kruin bereik toe daar inderhaas fase 4-beurtkrag ingestel moes word
Stem vir die Aitsa’s