Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Betroubare onbetroubaarheid

Nuuskommentaar: 3 November 2021

Deur: Victor Correia

Ons het teen die tyd geleer dat ons die regering met een ding kan vertrou, naamlik hul onbetroubaarheid. Hul is wel betroubaar in hul onbetroubaarheid.

Hiervan is beurtkrag ‘n sprekende voorbeeld. Die beurtkragskedule is selde verkeerd. Die Eskom skip sink, maar darrem op ‘n ordelike geskeduleerde wyse. 

Soms is daar binne die agteruitgangskedule ‘n stroomversnelling, byvoorbeeld as ‘n mens fase 4 beurtkrag kry, waar jy vir fase 2 beplan het. Dit is net die fase van agteruitgang wat verander, maar die grafiek van agteruitgang bly in die verkeerde rigting loop.

Dit is duidelik dat die regering uiters betroubaar is in hul onbetroubaarheid. Soms wissel die mate van onbetroubaarheid, maar die konstante bly hul onbetroubaarheid. Waar laat dit ons?

Ons moet hieruit leer om te beplan vir die toekoms deur ons afhanklikheid van staatskrag te verminder. Hoe doen ‘n mens dit?

Die selfstandigheidsekspo Kragdag is ‘n goeie plek om te begin. Hier kan ‘n mens op hoogte kom met die nuutste verwikkelings op die terrein van alternatiewe energie. Vanjaar was daar meer as 20 000 mense wat die ekspo bygewoon het, waaruit ons kan aflei dat iets soos alternatiewe energie hoog op Afrikaners se agenda is.

Terwyl die Eskom skip sink, moet ons solank ons eie reddingsbootjies voorberei. Ons moet ook meer doen. Afrikaners moet reeds begin om onsself van die staat se sentralistiese kragnetwerk te speen. Beurtkrag gee vir ons tyd om aan hierdie planne te werk.

Die rooiligte moet wel by ons begin flikker. Indien die regering sukkel om die week voor ‘n verkiesing die ligte aan te hou, voorspel dit niks goed vir dit wat in die weke na die komende verkiesing gaan gebeur nie.

Dit is moeilik om as individue die konstante onbetroubaarheid van die regering tee te werk. Ons gaan nie die kragprobleem hokslaan as elkeen net hul eie reddingsbootjie bou nie. Dit is hier nodig om as gemeenskap saam te staan.

Een voorbeeld hiervan die inisiatiewe ten opsigte van kragselfstandigheid op Orania. Orania is uniek in die sin dat die kragnetwerk aan Orania aan die plaaslike dorpsraad behoort. Inwoners van Orania word ook toegelaat om krag terug te stoot in die plaaslike netwerk.

Vanjaar is daar ook begin met die bou van ‘n sonplaas op Orania. Terwyl die Eskom skip sink, is Afrikaners op Orania en by geleenthede soos Kragdag besig om nuwe planne te maak. Krisistye het nog altyd Afrikaners tot innovasie aangespoor. 

Dit is vir ons belangrik dat die ligte aanbly. As ons nie krag het nie, kan ons nie werk, kerk of skoohou nie. Ons stryd as Afrikaners om die ligte aan te hou gaan immers oor baie meer.

Ten diepste is dit ‘n stryd tussen lig en duisternis. Ons roeping as Christene is immers nie net om die  lig van die Woord te laat skyn nie, maar ook om te sorg dat die ligte in ons huise, skole, werksplekke en kerke aanhou skyn.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende