11 Maart 2024
Beter steenkoolbestuur; verbeterde interne beleid en prosedures; en ’n verhoogde koers van verkryging en befondsing is sommige van die sleutelpunte wat deel van Eskom se 10-punt plan is.
Dié plan het ten doel om Suid-Afrika se kragkrisis om te keer.
Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het dit vandag tydens ‘n media-inligtingsessie in die Tshwane-metro onthul.
Dit kom te midde van kragonderbrekings wat die land se ekonomie steeds knou.
Volgens Ramokgopa sal die fiskale verligting van R78-miljard – wat die nasionale tesourie aan die nutsmaatskappy toegeken het – Eskom in staat stel om sy omkeerplan te bespoedig.
Hy glo dat die uitvoering van die strategie seepglad sal verloop met die aanstelling van die nuwe uitvoerende hoof, Dan Marokane.