Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

“Besope” amptenaar glo met munisipale voertuig in ‘n ongeluk betrokke

7 Oktober 2024

Die VF Plus eis dat daar dringend stappe gedoen moet word teen ‘n amptenaar van die Nketoana-plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat ((Arlington, Lindley, Petrus Steyn, Reitz) nadat hy glo onder die invloed van alkohol teen ʼn hoë spoed met ʼn munisipale voertuig in ʼn ongeluk betrokke was.

Die munisipale voertuig is erg beskadig nadat die amptenaar in ʼn droë spruit buite Petrus Steyn beland het terwyl hy op bystanddiens was.

Inligting dui daarop dat die polisie ‘n saak van dronk- en nalatige bestuur ondersoek.

Die VF Plus-raadslid in die Nketoana-munisipaliteit, Louise Bosman sê die burgemeester, Mamiki Nakedi het aan die party bevestig dat sy oor die afgelope twee jaar herhaaldelik die bewerings oor die drankmisbruik aan die hoof van die elektriese departement, William Koalepe, en die munisipale bestuurder, Solomon Nhlapo, oorgedra het.

Daar was egter nog geen optrede teen die betrokke amptenaar nie. Volgens Boshoff is dit onaanvaarbaar dat gevolgebestuur in die munisipaliteit nog altyd ontbreek het.

“Die munisipaliteit sal ook moet verduidelik wie vir die herstel van die voertuig verantwoordelik gehou gaan word. Dié voertuig word gebruik vir die herstel van kritieke dienste en kan nie onbepaald in onbruik staan nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende