2 Julie 2024
Die batebeslagleggingseenheid het beslag gelê op ‘n luukse sportnutsvoertuig en twee luukse huise in Zimbali – ter waarde van R25-miljoen – wat deur die voormalige burgemeester van eThekwini, Zandile Gumede, aangeskaf is.
Gumede staan tereg op aanklagte van korrupsie ter waarde van meer as R300-miljoen wat verband hou met die stad se vaste-afvalverwyderingskontrak.
In sy beslagleggingsaansoek het die NVG aangevoer dat die eiendomme gekoop is met ‘n gunsloon wat van die onderneming, El Shaddai afkomstig is.
El Shaddai is een van vier maatskappye wat deur die munisipaliteit aangestel is om dié taak te verrig.
Gumede – en haar 21 medebeskuldiges – staan tans tereg in die hooggeregshof in KwaZulu-Natal.