Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Beskuldige binnekort in hof – 3 jaar na motorongeluk wat jong paartjie eis

8 April 2021

Die Nasionale Vervolgingsgesag, oftewel NVG gaan die bestuurder van die motorvoertuig wat in 2017 gebots het met dié van ‘n Pretoria-paartjie, op ’n klag van moord vervolg.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is deur die NVG van dié stap ingelig nadat die 26-jarige Ruan Coen en sy 25-jarige verloofde, Jessika Kennedy op 23 Desember 2017 in ‘n motorongeluk dood is.

Die paartjie, was kort na hulle verlowing op die N4 van Witrivier op pad terug na Pretoria toe die beskuldigde in die teenoorgestelde rigting gery het, beheer oor sy voertuig verloor en met hulle motor gebots het. Albei jongmense is op slag dood.

Die beskuldigde het geringe beserings opgedoen en volgens ooggetuies met polisielede op die toneel geskerts.

Volgens ‘n adviseur by die privaatvervolgingseenheid, Natasha Venter het Coen se ma, Ursula Kors AfriForum genader nadat sy by navraag ingelig is dat die saak se dossier vermis is.

Venter sê die dossier teen die beskuldigde, wat tydens die ongeluk vermoedelik sowel dronk as bedwelmd was, het na bewering by die Silverton-polisiestasie verlore geraak.

Sy sê die beskuldigde moet nou op 29 April vanjaar vir die eerste keer weens dié ongeluk in die Pretoria Landdroshof verskyn.

Die destydse ongelukstoneel. Foto: AfriForum.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende