23 September 2022
Die Tshwane-metro het sy stem gevoeg by diegene wat Eskom se aansoek vir ‘n 32% verhoging in elektrisiteitspryse van die hand gewys het.
Eskom het aansoek gedoen by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) vir die kragtariefverhoging. Indien dit goedgekeur word, sal die nuwe tarriewe in April 2023 in werking tree.
LEES OOK: JHB-METRO VRA DAT VOORGESTELDE KRAGTARIEFVERHOGING TOT 18,4% BEPERK WORD
Die burgemeester Randall Williams sê hoewel die metro verstaan dat Eskom finansiële probleme in die gesig staar, kan hy nié die probleem afskuif aan verbruikers nie.
Williams sê verder dat Eskom reeds nie kragverskaffing vir die land kan verseker nie, en dat ‘n kragtariefverhoging geen verskil gaan maak nie.
Die metro sê Nersa moet die prysverhoging beperk tot niks meer as 10% nie.