Bepaal jou eie pad in die hedendaagse kanselleerkultuur


Luister nou

Volgende

Bepaal jou eie pad in die hedendaagse kanselleerkultuur

Nuuskommentaar: 29 Oktober 2021

Deur: Natasha Venter

Die petalje wat die afgelope week afgespeel het binne die Suid-Afrikaanse krieketwêreld en die daaropvolgende besluit van ’n enkele speler om, ten spyte van die nadeel wat hy daardeur sou ly, by sy oortuigings en beginsels te staan, is tekenend daarvan dat dit besondere dapperheid verg om in vandag se milieu van die sogenaamde kanselleerkultuur jou eie standpunt te handhaaf. Verlede week het ’n sekere restaurant wat wegneemetes verkoop ook baie verbruikers die hoenders in gemaak toe hulle besluit het om dieselfde kanselleerkultuur toe te pas op grond van ’n opinie wat nie strook met die zeitgeist van die meerderheid in Suid-Afrika se politieke landskap nie.

Maar hoe bly ’n mens by jou beginsels in ’n wêreld waar konformiteit allesoorheersend is om te verseker dat jy tog nie op enige tone trap of polities inkorrek is nie, ten einde te verseker dat jy of jou besigheid nie “gekanselleer” word nie. Dit is hier belangrik om te onthou dat die mens in wese ’n kuddedier is en dat dit teen ons aard is om die groep te verlaat of alleen te staan . Dit verg dus besondere durf om prysenswaardige beginsels uit te leef as dit in teenstelling is met wat die meerderheid glo, veral in ’n wêreld waar sosiale media ’n platform bied vir mense om fel te kritiseer.

Die woorde van dr. Viktor Frankl (psigiater, filosoof, neuroloog en oorlewende van die Holocaust) bied ’n antwoord. Dr. Frankl het afskuwelike marteling en moord aanskou in die Thereisienstadt-konsentrasiekamp in Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Tog het hy bly glo dat elke mens die vermoë het om self te kies hoe hy/sy reageer op sy/haar omstandighede: “Tussen stimulus en reaksie is daar ’n ruimte. In daardie ruimte is ons mag om ons reaksie te kies. In ons reaksie lê ons mate van groei en vryheid.” Hy het ook geglo dat ’n mens se ingesteldheid jou geluk bepaal: “Alles kan van ’n persoon af weggeneem word, behalwe een ding: die laaste van menslike vryhede – om ’n mens se ingesteldheid te kies in enige omstandighede, om ’n mens se eie pad te kies.”

Alhoewel dit (soos wat ons die afgelope week gesien het) nadelige gevolge kan inhou om die stroom te verlaat om dit waarin jy glo hoër op prys te stel as wat die wêreld vereis jy na moet konformeer, is daar ook waarde daarin om te ly vir dít waarin jy glo. ’n Goeie voorbeeld is Oskar Schindler, ’n Duitse nyweraar, wat meer as ’n 1 000 Joodse lewens tydens die Tweede Wêreldoorlog gered het deur mense in sy fabrieke te laat werk eerder as wat hulle na konsentrasiekampe gestuur is en as gevolg daarvan sy welvarende besighede so te sê bankrot gemaak het. In die woorde van dr. Frankl is lyding nie meer lyding nie die oomblik wanneer dit ’n doel het.

Dit verg inderdaad moed en dapperheid om die wêreld se kanselleerkultuur teen te staan ten gunste van prysenswaardige beginsels, maar die vermoë om op te staan, lê binne elke mens en dit behoort geprys eerder as gekanselleer te word.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Bepaal jou eie pad in die hedendaagse kanselleerkultuur


Luister nou

Volgende