5 Desember 2022
‘n Durbanse dierewelsynsorganisasie bied ‘n beloning van byna R15 000 aan vir inligting wat hulle sal kan help om die persoon vas te trek wat ‘n ou rondloperhond aangerand het.

Dit blyk dat dié hond met ‘n skerp voorwerp op sy rug en stert gekap is.
Die Stray Paws-organisasie het in ‘n plasing op sy Facebook-blad gesê dat die hond, Troy in Tongaat, noord van Durban gevind is, waarna die organisasie hom na ‘n veearts gehaas het. Weens die erns van sy beserings is hy egter uitgesit.
Stray Paws het intussen op ‘n plakkaat – met ‘n foto van die beseerde hond – ‘n R14 500 rand beloning gebied vir enige inligting wat kan help om die verantwoordelike mens of mense op te spoor.
In dié plasing sê die organisasie dat hy ‘n belofte aan Troy gemaak het dat hulle die persoon sal vind wat hom aangerand het.