Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

“Belê eerder in hernubare energie,” beveel verslag aan

4 April 2022

‘n Verslag wat deur die Internasionale instituut vir Volhoubare Ontwikkeling, die IISD, uitgereik is, beveel aan dat Suid-Afrika eerder in hernubare energie en batterykrag belê as om aardgas vir elektrisiteitsopwekking te gebruik.

Luidens die verslag sal dit nie net goedkoper wees nie, maar ook die ekonomie en klimaat minder skade aandoen.

Die IISD – wat in Kanada gesetel is – is ‘n dinkskrum wat onder meer geld van die Bill en Melinda Gates stigting, asook ontwikkelingsagentskappe in Duitsland, Denemarke, Swede en Noorweë kry.

‘n Gevolgtrekking waartoe die skrywers van die verslag kom is dat dit nie vóór 2035 vir die land nodig sal wees om uitbreidings in dié verband te doen nie.

Om die eerste 3000 mega-watt kragopwekking binne die volgende agt jaar te onwikkel, sal die land ongeveer R47-miljard kos – wat meer doeltreffend elders aangewend kan word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende