Belastingprotes aangekondig teen regering se driedubbele verhoging


Luister nou

Volgende

Belastingprotes aangekondig teen regering se driedubbele verhoging

7 September 2021

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het ʼn verslag uitgereik wat daarop dui dat die belastinglas kan verdubbel – en selfs verdriedubbel – indien die witskrif oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aanvaar word; en die groenskrif oor maatskaplike sekerheid – ná hersiening – deurgevoer word.
 
Solidariteit se Hoofraad het besluit dat daar met ʼn omvattende, wettige belastingprotes begin kan word, en dat daar beplan word om die NGV-voorstel in die hof te toets – as deel van die protes.

Dr. Dirk Herman, Solidariteit se bestuurshoof sê indien die regering sou voortgaan met sy voorneme om die groenskrif oor maatskaplike sekerheid te herpubliseer, sal Solidariteit dit ook in die hof uitdaag.

LEES OOK: VERBRUIKERSPRYSINDEKS: “REGERING MOET BELASTING OP BRANDSTOF VERMINDER”
 
Volgens die verslag word Suid-Afrikaanse belastingbetalers – vergeleke met hulle wêreldgenote – buitengewoon hoog belas – sonder dat die regering sy kant van die tradisionele kontrak nakom.

Die verslag onthul dat die verhouding van belasting tot BBP, die tweede hoogste ter wêreld is – naas dié van Swede.

Verdere impakstudies toon dat die implementering van die NGV ʼn toename in belasting tot gevolg sal hê wat sal veroorsaak dat die meerderheid belastingbetalers se las – tot so veel as verdriedubbel.
 

Dr Herman het bygevoeg dat n klein persentasie van die land se burgers die grootste deel van die belastinglas moet dra – terwyl hulle baie min in ruil daarvoor kry.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Belastingprotes aangekondig teen regering se driedubbele verhoging


Luister nou

Volgende