Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Belangrike verkiesingseisoen skop in VSA af

Nuuskommentaar: 25 April 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Oor die volgende ses weke sal Amerikaanse kiesers in 14 deelstate in voorverkiesings stem om kandidate aan te wys vir die middeltermynverkiesing wat in November plaasvind. Beheer oor die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers, sowel as die goewerneurskap van 35 van die vyftig deelstate sal dan beslis word. Slegs 22 van die 50 goewerneurs is tans Demokrate.

Die eerste middeltermynverkiesing van ‘n president se termyn is geneig om sleg vir sy party uit te draai. Terwyl Amerikaanse presidente elke vier jaar verkies word, vind daar elke tweede jaar ‘n verkiesing vir die Amerikaanse kongres, goewerneurs en die wetgewers van deelstate plaas. Op federale vlak dien senators ‘n termyn van ses jaar, wat beteken dat sowat ‘n derde van die een honderd senaatsposisies elke tweede jaar verkies word. Die Senaat het 100 lede, twee vir elke deelstaat ongeag die bevolkingsgrootte van die staat.

Die Huis van Verteenwoordigers se 438 lede dien slegs twee jaar termyne en al 438 posisies moet dus elke tweede jaar gevul word. Republikeine en Demokrate in die VSA het tans elk 50 senatore met die huidige adjunk president, Kamala Harris, wat die beslissende stem uitbring in gevalle waar ‘n 50/50-stemverdeling plaasvind.

Die Demokrate het ‘n klein meerderheid van nege in die Huis van Verteenwoordigers. Die hele VSA is in 438 distrikte, almal binne deelstate, opgedeel met ‘n redelik gelyke bevolkingsverspreiding per distrik. Lede van die Huis van Verteenwoordigers verteenwoordig ‘n gemiddeld van 761 000 mense.

Daar is tans heelwat rede om te glo dat vanjaar se verkiesing ‘n groot geleentheid vir die Republikeinse Party is om beheer oor die Huis van Verteenwoordigers en selfs die Senaat te neem. Entoesiasme onder konserwatiewe kiesers, wat tipies vir die Republikeine stem, is tans baie hoër as onder liberale kiesers. President Joe Biden se gewildheid hou aan daal en het verlede week ‘n historiese laagtepunt bereik met slegs 33% van Amerikaners wat nog tevrede met hom is.

Terwyl die oorlog in Oekraïne voortwoed, is dit egter belangrik om te besef dat Amerikaanse kiesers byna altyd hulle politieke keuses op plaaslike kwessies baseer. Die belangrikste sake tans wat kiesers se keuse in November gaan raak is die stygende lewenskoste, onwettige immigrasie, misdaad wat steeds toeneem, die gevolge van die regering se streng inperkings tydens die pandemie en ouers se reg om oor verskeie sake wat hulle kinders se onderwys raak, te besluit.

Daar is groot ontevredenheid onder ‘n meerderheid Amerikaners oor Biden se hantering van die ekonomie, immigrasie, misdaad en onderwys. Selfs wanneer dit by buitelandse beleid kom sê 70% van Amerikaners dat Biden nie die oorlog in Oekraïne reg hanteer nie.

Die Demokratiese Party beheer tans die Withuis, Senaat en Huis van Verteenwoordigers. Na November se verkiesing sal hierdie politieke beheer waarskynlik tussen die twee partye verdeel wees.

Vanjaar se middeltermynverkiesing is van groot belang omdat dit beleid wat die VSA oor die volgende paar jaar gaan raak, kan beïnvloed. Ook die aanstelling van regters, insluitende op die federale hooggeregshof, kan deur die beheer van onder andere die senaat geraak word. Met die verkiesingsveldtog die afgelope paar weke in volle swang is dit belangrik om te besef dat die uitslag van vanjaar se Amerikaanse middeltermynverkiesing vir die VSA, maar ook die res van die wêreld, belangrik gaan wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpsUsB5XkAAKkI0

Paastyd padsterftes neem met 45,6% af

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

Ander Nuus Artikels

Internasionale perspektief
Meloni blom in besoek aan Trump
Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende