Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Bela-wetsontwerp deur portefeuljekomitee goedgekeur

26 September 2023

Die ANC het met die EFF kragte saamgesnoer om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys – die sogenaamde Bela-wet – in die parlementêre portefeuljekomitee te aanvaar.

Die DA, VF Plus en die ACDP het daarteen gestem. Die wetsontwerp word nou na die nasionale vergadering verwys vir oorweging.

Een van die omstrede gevolge van dié wet is dat skoolbeheerliggame van hulle magte gestroop sal word om toegangsbeleid te bepaal.

Die VF Plus het in reaksie gesê dat die party reeds verskeie kere dit duidelik gestel het dat hulle gekant is teen die wetsontwerp. Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor basiese onderwys, dr Wynand Boshoff meen die vraag wat ontstaan is of die wetsontwerp die reg op selfbeskikking, soos in artikel 235 van die Grondwet vervat, ignoreer.

Hy sê terwyl openbare skole reeds geen keuse ten opsigte van kurrikulum het nie, kon sulke skole wel hul eie aard deur ʼn gedragskode, toelatings- en taalbeleid bepaal. “Hierdie reg word nou in die hande van die provinsiale departementshoof in stede van die skoolbeheerliggaam en ouers geplaas.”

Die volgende stap is dat hierdie wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering (NV) oorweeg moet word waarna die nege provinsiale wetgewers dit sal oorweeg.

Daarna moet die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) ʼn besluit neem voordat die president dit kan promulgeer. Die wetsontwerp kan egter nog voor daardie tyd gestuit word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig