17 April 2024
Die parlementêre regsadviseur, Phumelele Ngema, meen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, oftewel die Bela-wet sal in sy huidige formaat wel in die grondwethof kan slaag.
Ngema het dié regsmening vandag aan die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor onderwys en tegnologieë, sport, kuns en kultuur gegee, voordat die komitee met die finale verwerking van die klousules in die wetsontwerp begin het.
LEES OOK: “VEE BELA-WETSONTWERP UIT, EIS AFRIFORUM JEUG MET “DONKIEBORDE” OM DIE NEK”
Ngema sê hoewel toegewings deur die departement van basiese onderwys gemaak is en die parlement se regsdienste ook voorstelle oor moontlike wysigings maak, is hulle steeds vn mening dat die sogenaamde B-weergawe van die Bela-wetsontwerp in orde is.
Sy sê indien dit in ’n hof uitgedaag sou word, kan dit die grondwetlike toets slaag, maar dat die howe daaroor moet besluit.