13 September 2021
Die oud-Springbokafrigter, Peter de Villiers gaan die rugbyveld vir die politieke speelveld verruil.
Die Good-party het gister aangekondig dat De Villiers as dié party se burgemeesterskandidaat vir die Drakenstein-munisipaliteit aangewys is. Dié munisipaliteit is binne die groter Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit.
Die party het in ‘n verklaring gesê dat De Villiers alreeds voorheen ‘n leier was en dat hy daarom gewoond is aan dié druk. Volgens Good kan hy mense motiveer een aanmoedig om hulle beste te gee.
De Villiers sê as hy wen, sal hy die omgewing regruk op dieselfde manier as met die Springbokke met eerlikheid, en hy bid dat mense weer hoop kry.
Die munisipale verkiesing vind op 1 November plaas, maar die datum moet op 20 September geproklameer word.
Stem vir die Aitsa’s