24 November 2021
Die tennisster, Roger Federer het sy lyf toergids gehou toe hy die Springbok kaptein, Siya Kolisie in Zurich, Switserland se grootste stad raakloop.
Kolisi het dié stad besoek ná die Springbokke se toer na die Verenigde Koninkryk.
Federer, wat meer as 20 Grand Slam titels op sy kerfstok het, het foto’s van sy dag saam met die bokkaptein op sy Twitter-rekening gedeel. Federer was toevallig saam met sy ouers, Lynette en Robert in die stad toe hy Kolisi raakloop.
Sy ma, is in Kempton Park in Suid-Afrika gebore. Federer het ook gesê dat hy ‘n reuse ondersteuner van die span in groen en goud is.
https://twitter.com/rogerfederer/status/1463269155533205513
Stem vir die Aitsa’s